Generaal Hertzog Koekies

Wed, Jun 13, 2007

Resepte (in Afrikaans)

Hier volg die resep vir die koekies wat ek nou die dag gebak het.  Dit smaak baie lekker en is baie eenvoudig en vinnig om te bak.  As jy nog nooit voorheen hierdie resep probeer het nie, moenie bang wees om jou hande aan hierdie resep te probeer nie!

Bestandele:
2 koppies meel
‘n Knippie sout
2 teelepels bakpoeier
1/2 koppie margarine
3 eiers (eierwitte-en gele geskei)
1 1/2 eetlepels suiker
Indien die deeg te slap is, meng 2 eetlepels melk hierby.

Metode:
1.  Sif die meel, sout en bakpoeier saam.  Vryf die margarine hierby in met jou vingerpunte.
2.  Voeg die gele by en laat staan vir omtrent 5 minute.
3.  Rol die deeg uit en en sit in klein kolwyntjiepannetjies (jy kan ook groter pannetjies gebruik as jy wil).
4.  Skep ‘n klein lepeltjie appelkooskonfyt in die deeg.

Vulsel:
1.  Klits die eierwitte baie goed.
2.  Voeg ‘n 1/2 koppie suiker en 1 koppie klapper hierby en meng goed.
3.  Skep ‘n lepel vol bo-op die appelkooskonfyt.
4.  Bak in ‘n voor-verhitte oond teen 180°C vir 10-20 minute.  
   
   

   

Leave a Reply

What is 4 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree