‘n Besige April

Sun, May 13, 2007

Something to Share

Sjoe, dit voel vir my asof ek jare laas met julle gesels het.  Eintlik is dit net oor ‘n maand, maar julle sal nie glo wat alles oor die afgelope maand gebeur het nie.

April is baie besig omdat meeste van die mense wat ek ken dan verjaar.  My beste vriendin het haar 30ste verjaarsdag gevier op die 10de April en op die 11de April het ek tannie en my man oom geword.  My ou-boet en sy vrou het pappa en mamma geword van ‘n pragtige ou seuntjie.  Het fotos van hom gesien en hy is te kostelik.  Hy is ook vandag gedoop so ek wil sommer van hierdie geleentheid gebruik maak om hulle geluk te wens.

Ek het ook hierdie maand hard gewerk aan ons besigheid se boeke.  Om BTW te doen is nie kinderspeletjies nie hoor!  Gelukkig het my liefste neef hiermee gehelp so oor die internet en ons gaan ons eerste een vandat ons die besigheid begin het more pos.  Ek is baie trots op myself!

Intussen het ek weer lekker piesangbrood gebak en natuurlik het ons dit sommer binne die eerste paar dae verorber.  Ek het ook vir ons ‘n lieflike hoender bobotie gemaak.  Daar is nou weer in die oond en ons sal seker oor so 15 minute eet.  Dit is darem maar lekker.  Ek het ook gedurende die week ‘n maalvleis bobotie gemaak.  Daar is darem maar niks lekkerders nie. 

Ek gaan nou eers groet om verder te gaan kook, maar ek sal beslis weer sommer gou-gou met julle gesels.  Ek het ook nou net nog ‘n artikel in Engels gepubliseer vir al ons Engelse vriende.  Ons Afrikaanse vriende is volgende en ek sal vir julle iets lekker skryf.  Lekker bly vir eers en praat weer later :)

PS:  Op ‘n gelukkie noot wil ek net afsluit deur die Sharks en Bulls geluk te wens met hulle ongelooflike oorwinnings gister.  Hulle het teen 2 Nieu-Seelandse spanne gespeel in die halfeindrondte en het albei gewen.  So ‘n Suid-Afrikaanse span gaan beslis volgende week die Super 14 wen.   My geliefde Sharks speel op hulle tuisveld en ek hoop tog nou net ons wen!! 

Leave a Reply

What is 14 + 3 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree