Versiering

Sun, Mar 4, 2007

Heerlike kos

Ek het toe die “cup cakes” gisteraand laat klaar versier gekry. Ek het besluit op ‘n versiersuiker waar jy die botter en die versiersuiker saam meng, eerder as die verskiersuiker en water. Die een met die water is tien teen een beter vir jou oor dit nie botter bevat nie, maar my man is liewer vir die botter.

Dit het toe vreeslik lekker gekom. Ek het ook ‘n bietjie vanilla geursel bygemeng om dit ‘n lekker smaak te gee. Ongelukkig het ek nie “hundreds and thousands” in die kas gehad nie en het toe sjokolade sprinkels oorgestrooi.

Ek moet sê die koekies het heerlik gekom en ons het elkeen alreeds ten minste 3 gehad. Daar is 42 tussen die twee van ons, so ons sal maar moet eet!

Dit was ‘n baie groot sukses en ek het dit vreeslik baie geniet. Daar is niks lekkerders as om te bak en brou in die kombuis nie. Dit was heerlik en ek sien alreeds weer uit na die volgende baksessie, wat dit ook al mag wees.

Sal seker nie voor volgende week wees nie, so ek sal julle later vertel. Ek is nogal lus vir ‘n gemmerbrood en het reeds die bestandele aangeskaf, so ek sal tien teen een ‘n gemmerbrood bak volgende naweek…

Leave a Reply

What is 15 + 12 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree