Ons het vandag ‘n baie koue dag gehad. Op die oomblik sneeu dit baie liggies daar buite en ons het ook klein hael-korreltjies gehad. Dit is regtig ‘n slegte weer naweek hierdie, maar tog is ons dankbaar vir die reën.
Ek het besluit om vandag “roast” pampoen gaar te maak. Ek het gister op die televisie gesien dat hulle hierdie resep probeer het en ek het toe dieselfde probeer.
Ongelukkig het dit toe nie regtig gewerk nie. Dit is die eerste keer in my lewe dat ek so iets probeer het, want gewoonlik kook ek die pampoen en meng dit dan met kaneel.
Ek weet nie of ek iets verkeerd gedoen het nie, maar dit is beslis nie so lekker sag soos wanneer ek dit kook nie. Ek is nie seker of ek weer sal probeer nie. Miskien, maar dalk moet ek maar bly by wat ek ken. Gekookte pampoen of pampoenkoekies.
Hoop julle geniet die dag en dat dit goed gaan. Dalk het julle ‘n stiller, warmer dag as ons hier in Engeland. Geniet dit gerus!




Leave a Reply