“Cup cakes”

Sat, Mar 3, 2007

Heerlike kos

Vandag was ‘n lekker dag, alhoewel dit baie winderig en bietjie koud was. Gelukkig was die sonnetjie darem meeste van die tyd uit, so die aarde het nogal lekker warm gebak.

Ons is gou-gou in dorp toe gewees om ‘n nuwe ketel te gaan koop en het sommer ekstra goedjies ook gekoop. Toe ons by die huis kom het ek egter besluit ek is lus vir “cup cakes“.

My man wou toe weet hoekom ek nie sommer die houertjies in die dorp gekoop het nie, maar nee, dit sou natuurlik te maklik gewees het. Gelukkig het hy voorgestel ons moet na die poskantoor langs ons huis toe gaan en gaan kyk of daar nie is nie.

Daar was toe gewees en ons het sommer die houertjies en die botter daar gekoop.

Ek het nou net die eerste pannetjie in die oond gesit. Kan nie wag nie. Hulle ruik te heerlik. Al wat ek nou nog moet doen is die versiersuiker aanmaak en dan kan ek hulle later vanaand versier.

Daar is egter baie “cup cakes” wat uit hierdie beslag gekom het, so ek sal nogal ‘n hele rukkie besig wees om te bak.

Hoop julle het darem ook ‘n lekker dag gehad en dalk ‘n ou ietsie gebak?

Leave a Reply

What is 8 + 3 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree