SA Musiek die beste!

Mon, Feb 5, 2007

Music

Goeienaand julle almal.  Hier sit ek nou en luister na ‘n lielike CD terwyl ek so vir julle skryf.  My ma het vir my die Rapport se Ons Sing Jou Taal Volume 1 gekoop toe ons daar was vr my broer se troue.   Dit is ‘n lieflike CD, tog te mooi!

Toe ons verlede jaar in September by die huis was het my vriendin vir my vertel dat daar glo ‘n volume 2 uitgekom het.  My liefste man het toe vir my die CD gekoop!  Dit is ‘n pragtige versameling Afrikaanse musiek.  As julle dit nog nie gehoor het nie moet julle dit beslis kry.

Van my gunstelinge is Kurt Darren se Hemel op Tafelberg, Dozi se Tussen jou en my, Theuns Jordaan se Beautiful in Beaufort-Wes, Die Campbells se Bietjie Bietjie Lam, Pieter Smith se Blomme en Jak De Priester se Binnelanders.  Dit is omtrent AL die liedjies en glo vir my as ek julle vertel dat ek van ELKE liewe liedjie op die CD hou.  Ek sit en luister vir omtrent ‘n uur en geniet elke sekonde daarvan.

Ai, dit is lekker om Afrikaans te kan luister.  Dit is heerlik om te luister na musiek met woorde wat gaan oor ons lewe, ons liefste land en die mense wat daar bly.  Verbeel jou, ‘n lied oor Tafelberg en dan bring dit trane in jou oe?  Is dit moontlik?  Die antwoord is ja.

Dit is die soort musiek wat ek regte musiek noem.  Nie die nuwe musiek wat net van dinge skryf waaroor hulle kwaad en ongelukkig is.  Skryf oor wat jou gelukkig maak, jou dag ophelder, mooi dinge wat opbouend is en wat aan jou hart raak. 

Leave a Reply

What is 15 + 7 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree