Vandag het ek karringmelkbeskuit gebak. Hoe wonderlik!! Ek het besluit op karringmelkbeskuit eerder as boerebeskuit want ek drink nou regtig nie tee of koffie nie! Die boerebeskuit moet beslis saam met koffie gedrink word sodat jy dit eers daarin kan week.
Die karringmelkbeskuit is nie so hard nie en dit smaak heerlik. Dit het ‘n lieflike geur en smaak lekkerder sou ek sê, alhoewel dit natuurlik heeltemal afhang van jou smake en voorkeure.
Verder is dit maar baie stil en alleen by die huis. My man is by ‘n internetkonferensie en ek is alleen vir omtrent 5 dae. Dit is darem al amper verby! Ek moet maar nogsteeds werk, so ek kon nie saamgaan nie.
Volgende keer sal ek beslis ‘n plan maak. My visa vroegtydig kry en seker maak ek is op die vliegtuig saam met my man vir die volgende byeenkoms.
Gelukkig het ek baie om my mee besig te hou, die dat ek die karringmelkbeskuit vandag gebak het. Ek beplan natuurlik ook om later in die week gemmerbrood te bak. Ek het jare laas gemmerbrood gebak en ek is nou al lankal lus daarvoor.
Die week daarna sal ek piesangbrood bak. Die piesangs is nog ryg genoeg op die oomblik om te eet, maar sodra dit oorryp is oor so week of wat, sal ek weer piesangbrood bak. Kan nie wag nie! My man is versot daarop, veral as dit nog lekker warm is en die botter smelt sommer…




Leave a Reply