Die laaste dag in SA

Thu, Feb 1, 2007

Vakansie in Suid-Afrika

Nadat ons ‘n heerlike aand gehad het gisteraand na die potjie, het ons moeg in die bed geklim. Ons het die Donderdag vroeg opgestaan om alles gepak te kry en nog by die oogarts uit te kom voor ons lughawe toe moes gaan.

My man het bietjie werk op die internet gedoen terwyl ek en my ma vir my sussie by die werk gaan haal het net voor ons sou lughawe toe gaan.

Ons is so 4 uur daar by die huis weg en moes nogal lank by die lughawe wag voor ons kon inboek, want die lugredery het nie hulle eie lyn nie. Hulle deel een met ‘n Amerikaanse lugredery.

Ons het amper 2 ure gewag voordat ons eers ons bagasie deurgevat het.

Daarna het ons baie tevrede na Steers toe gegaan om ietsie heerliks te geniet voor ons sou vlieg. Ons het elkeen ‘n lekker “burger meal” bestel. Ons drie meisies het ‘n hoenderburger met kaas en pynappel bestel met natuurlike heerlike chilli sout vir ons skyfies!

My man het ‘n dubbel burger bestel en my ma het maar liewers net ‘n toebroodjie geniet.

Ons wou nogal lekker roomys na die tyd kry maar ongelukkig was hulle masjien buite werking en moes ons daarsonder gaan. Hoe ongelukkig!

Gelukkig het ons roomys gehad toe ons Kentucky toe was die aand na ons fliek. Ai, dit was darem maar lekker roomys gewees en teen R1.80 kan jy nie verkeerd gaan nie!

Dit was ‘n lieflike kuiertjie en ek is my man baie dankbaar vir so ‘n wonderlike verjaarsdaggeskenk. Hy het my dag gemaak! Dit wys net weereens hoe lief hy my het…

Ek is die gelukkigste persoon op die aarde om met hom getroud te wees.

 

Leave a Reply

What is 6 + 3 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree