Sjoe, wat ‘n heerlike paar weke wat ons agter die rug het! My man het my mos verras met twee kaartjie na Suid-Afrika toe vir my verjaarsdag. Dit was ‘n heerlike paar weke gewees in die wonderlike Suid-Afrikaanse sonskyn!
Dit was heerlik om weer die warm sonstrale op my vel te voel brand. Jy voel en lyk sommer gesond as jy so lekker in die sonskyn rondloop. Ons het net gaan kuier by al ons vriende en familie so ons het nie gaan toer nie.
Maar die kuiertjie was heerlik. Ek sal die volgende paar dae vir julle alles vertel wat ons aangevang en geëet het sodat julle ook kan verlang!!
Ek sal weer môre vir julle skryf en meer vertel.
Ek is net so bly ons het bietjie gaan kuier. Ek het die wonderlikste man in die hele liewe wêreld en hy sit elke dag ‘n glimlag op my gesig. Ek is so lief vir Martin, hy bederf my behoorlik.
Ek gaan nou eers rus, dit was ‘n vreeslike lang dag gewees en ons is besig om baie hard te werk om ons administrasie by die werk in te haal. Omdat ek vakansie gehad het en een van die ander meisies siek was, het ons bietjie agter geraak. Ons is nou weer redelik op datum, maar ons is nogsteeds moeg.




Leave a Reply