Potjiekos!

Tue, Jan 30, 2007

Vakansie in Suid-Afrika

Woensdagoggend vroeg is ons weer dorp toe! Die groot sentrum in Vanderbijl en my man het weer op die internet ingegaan terwyl ek en my ma bietjie tyd saam spandeer het. Ons het op die einde by Mr Price ingegaan en ek het vir my ‘n pragtige driekwart denim gekoop!

Hierna het ons heerlike sap gedrink en ‘n Kentucky geniet. Ons het elkeen twee stukkies hoender gekoop met mash en gravy en ‘n heerlike broodjie. Dit was so heerlik.

Oppad terug huistoe het ons by Checkers stilgehou. My ma het besluit om ons ernstig te bederf en potjiekos te kook!

Hoenderpotjie is my gunsteling en dit was heerlik toe my ma gesê het sy gaan dit vir ons gaarmaak. Sy het aartappeltjies, pampoentjies, wortels, sampioene en heerlike gebraaide uie saam met die hoender in witwyn en ‘n heerlike sous gaargemaak.

Ons het vroeg-vroeg die vleis gebraai in die potjie en toe geleidelik deur die dag meer en meer bestandele bygevoeg. My ma het die vleis vroeg middag, so 12 uur opgesit en teen 7 uur het was dit gereed om te eet.

Een van my vriendinne het vir ons kom kuier en ons het heerlik gesels. Later is sy weg en toe daag my beste vriendin op. Dit was so lekker om haar weereens daar by ons te kon hê!

Nadat ons die heerlike potjie gehad het, het ek WEER vir ons Dom Pedros gemaak. Twee keer in twee dae! Sjoe, maar dit was heerlik. My sussie het nie die Dinsdagaand daarvan gehad nie so sy wou dit beslis die aand na die potjie drink.

My liefste man en broer het besluit om liewer net Amarula skoon op ys te drink.

Wat ‘n heerlike dag was dit nie gewees nie.

Leave a Reply

What is 15 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree