Maandagoggend toe ons opstaan het ons eers die ware effek van die son op ons lywe gesien. Ek was heel beïndruk met die feit dat ek eerder rooi-bruin as rooi gebrand het, in ag geneem dat ek jare laas in die Suid-Afrikaanse son was!  Dit was baie goeie nuus vir my.
Ons is die oggend dorp toe om bestandele te gaan koop vir die hoender in witwyn sous wat my man vir ons almal sou voorberei. Ons is Checkers toe en het al die nodige bestandele daar gekry.
Oppad dorp toe het ons by my vriendin se werk stilgehou en gaan kyk hoe dit met haar en die hele familie gaan. Hulle lyk almal baie gelukkig en ek is bly om hulle so te sien.
Hulle wil vir ons kom kuier in Mei-maand. Ek hoop dit werk alles goed uit.
Van hier af is ons huistoe en Martin het vir ons die heerlikste hoender gaargemaak met ‘n lieflike sous. Dit is seker my gunsteling kos op aarde. Hy maak regtig die lekkerste kos.
Ons het die aand weereens vreeslik geniet! Daar het nou nie regtig enige kos oorgebly nie, maar my sussie het net genoeg om saam te vat werk toe die volgende dag.
Weereens ‘n heerlike dag. My liewe man is egter vol muskietbyte, maar die son en die somersweer is heerlik!




Leave a Reply