Dinsdag is natuurlik fliek-aand! Ons is dorp toe die oggend en daarna het ek my hare laat sny. Dit was lekker om by die haarkapster uit te kom en my hare weer bietjie in ‘n styl te sny.
Na ons my hare gesny het is ons eers na die oogarts toe en daarna het ons by my sussie gaan inloer by haar werk. Dit was lekker en ek het ‘n hoender en sampioen pannekoek geëet.
Van hier af is ons huis toe en my vriendin het ons die aand kom optel vir die fliek. Daar aangekom het my vriendin vir ons springmielies met heerlike BBQ sout gekoop sowel as ‘n “slush puppy“. My liewe man eet ongelukkig nie sout springmielies nie, slegs soetes, maar ons verkoop dit nie in Suid-Afrika by die flieks nie.
Die fliek was nie die beste nie, maar ons het dit tog geniet. Dit was lekker om weer by ‘n fliek in te kom en lekker springmielies te eet. Dinsdae is ‘n lieflike dag en altyd ‘n fliek dag!
Na die fliek is ons na my ma se huis toe en daar het ek vir ons heerlike Dom Pedro’s gemaak met Amarula. Dit was so lekker en ons het dit almal saam geniet.
Nog ‘n wondelrike aand. Dit is altyd lekker om te gaan fliek, veral saam met my liefste man en ook my vriendin.




Leave a Reply