Goeienaand. Sjoe, maar ek het lanklaas aan julle geskryf. Ek weet, maak ek vra om verskoning. Ek het nie tyd gehad vir baie dinge nie, maar ek het ‘n piesangbrood gebak Sondagaand. Ons het ‘n paar oorryp piesangs op die kas gehad en ek het besluit om onsself te bederf.
Het julle al besluit waar julle Kersfees gaan deurbring en saam met wie? Wat julle gaan eet en hoe julle geestelik gaan groei? Dit is alles vrae wat almal van ons mee worstel op die oomblik.
Ek en Martin gaan ons eerste Kersfees heeltemal alleen deurbring. Kan nie wag nie. Dit sal heerlik wees. Ons kersboompie is op en die liggies lyk te pragtig. Ek wil my kerskaartjies gaan uitkrap iewers. Ek kan nie onthou waar ek dit gesit het nie, maar ek sal dit beslis moet gaan soek!
Ek wil die naweek vir julle begin skryf oor Kersfees, wat dit is, waarom dit so ongelooflik belangrik is vir ons en die wêreld. Ek wil ook met julle deel hoe die res van die wêreld Kersfees vier en wat die simbole van Kersfees vir ons as mense beteken, en waar dit vandaan kom.
Dit is baie interessant as jy eers begin lees en dit is heerlik om alles op te soek. So ek sal beslis die naweek begin om dit met julle te deel.




Leave a Reply