Gister was ‘n heerlike dag. Ek het dit eers oorweeg om wel die rekenaar aan te sit en my blog te skryf, maar het daarteen besluit. Julle sal my sekerlik nie kwalik neem nie. Ek en my man het ‘n heerlike dag saam deurgebring.
Vroeg-vroeg was ons op om na die diens op die radio te luister teen 7 uur. Daarna het ons opgestaan en ‘n lekker ontbyt gehad waarna my liefste man gekook het. Dit is heerlik om so bederf te word. Ek het vir ons ‘n pragtige Kersfees CD gespeel wat my broer twee jaar terug vir my gekoop het vir Kersfees.
Dit is te mooi en was heerlik om dit in die agtergrond te laat speel terwyl ons gekook het.
Tussendeur het ek my ma en die res van die familie gebel en heerlik gesels. My oom, tannie en neefs sowel as my sussie en broer. Ai, tog te lekker om bietjie met hulle te gesels. Ek het ook my tannie in London gebel en lekker gesels.
Dit was te heerlik om almal se stemme te hoor. Ek het vir die res van ons spul vriende in Suid-Afrika ‘n sms gestuur.
Ons het eend gehad met parsnips en gebraaide aartappels saam met groenboontjies.
Die kos was heerlik gewees. Ons het beplan om nagereg te eet (of drink!) in die vorm van ’ n Dom Pedro, maar ons was net te versadig gewees! So, ons plan was om liewer die nagereg te los en vandag te geniet na ons hoofgereg wat sekerlik kerrie en rys gaan wees.
Mens kan nie nagereg mors nie, en ek is lankal lus vir ‘n heerlike Dom Pedro. Sien baie uit daarna. Ek wil ook lekker skons bak met room en appelkooskonfyt. Dit klink te heerlik vir woorde!
Hoop julle het ‘n wondelike Geseënde Kersfees ervaar gister en dat julle uitsien na nog ‘n splinternuwe jaar wat voorlê. Onthou dat God ons almal vreeslik lief het en ons elke dag seën en beskerm. Hy het Sy Seun op Kersfees aan ons gegee om hoop te bring vir die hele wêreld, ‘n lig wat kan skyn vir ons almal.
Ontvang hierdie lig van die wêreld met ope hande en wees dankbaar daarvoor. Wees opreg dankbaar vir die wonderlikste geskenk wat jy ooit kan ontvang.
Mag God julle ook in die volgende jaar beskerm en lei in alles wat julle doen.




Leave a Reply