Vrydag voor die terugtog..

Sun, Oct 15, 2006

Kuiertjie by ons in UK

Vrydag was baie nat. Dit het aanhoudend gereën dwarsdeur die nag en teen die tyd dat ons opgestaan het, was dit baie nat. Ons het besluit om die Vrydag liewer in die huis deur te bring en net lekker te kuier en gesels.

Die reën het met tussenposes van omtrent 15 minute geval. Eers hard, dan sagter en dan niks nie. So het ons besluit om vinnig tussen die poses deur uit te hardloop en tot onder in ons straat te loop. Aan die regterkant is daar ’n groot plaas en ‘n lieflike uitsig. So dit is wat ons sou doen.

Ons het net gewag tot die reën ophou val en toe het ons gehardloop. Dit was heerlik. Ons het probeer om ‘n voetpaadjie iewers op te spoor, want ons weet daar moet een iewers wees. Na omtrent 10 minute se stap het ons ‘n opening gesien en daar was die voetpaadjie.

Ons het lekker rondgestap en koeie sowel as skape langs die pad gesien. Toe ons by ‘n teerpad uitkom, het ons besluit om om te draai. Die reën teen hierdie tyd het nogsteeds weggebly, gelukkig en toe ons amper by die huis is, toe begin dit te reën. Pap nat gereën! Maar dit was heerlik.

Ons het by die poskantoor stilgehou oppad terug om vir ons twee pakke kaarte te koop om te speel. Dit was heerlik. Ons het sommer rummie en snap gespeel en my sussie en vriendin het hulself hiermee besig gehou terwyl ek gou-gou die kos gekook het.

Ek het hoender gemaak met wortels en heerlike room-aartappels. Seker nie die gesondste gereg wat ek kon kies nie, maar beslis baie heerlik.

Daardie aand het ons musiek geluister. My man het musiek gespeel terwyl ons drie vroumense heerlik gedans en sommer net laf was. Dit was regtig heerlik gewees. Kan nie glo dit alles het tot ‘n einde gekom nie. Dit voel of hulle net gister gekom het en nou moet hulle weer die Saterdag huistoe gaan.

Leave a Reply

What is 10 + 8 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree