Ons kort toer deur die Lake District

Fri, Oct 13, 2006

Kuiertjie by ons in UK

Nadat ons sommer vroeg opgestaan het en na die gebeurtenis met ons badkamerdeur, het ons besluit om sommer vinnig te ry. Ons het eers vir ons padkos gepak en het daarna sommer gou-gou in die pad geval.Ons padkos bestaan uit broodrolletjies met ham, kaas en mayo sowel as salami en mayo. Hiermee saam het ons ook gekookte eiers, jogurt, piesangs en pakkies chips ingepak.  Ons sal sommer ‘n ou plekkie kry waar ons kan aftrek en dan ‘n lekker piekniek geniet.

Oppad na Keswick toe het ons by die “Sheep and wool” sentrum stilgehou. Daar het ons pragtige goedjies gekoop vir aandenkings en ek het ook vir my boetie en sy vrou ‘n skaaphond yskasmagneet gekoop. Dit is te oulik!

Van hier af het ons deurgery na Kendal toe. Dit is darem te pragtig. Ons het langs die pad stilgehou en ons piekniek geniet in die kar. Ongelukkig het dit die hele dag gereën, maar ons het dit nogsteeds baie geniet.

Vanaf Kendal het ons stadig terug begin ry en by Windermere stilgehou.  Dit is die grootste meer (lake) in Engeland.  Ons het daar rondgeloop en baie fotos geneem terwyl ons ook ‘n draai gemaak het langs die water by die swane. Dit was baie lekker gewees om daar rond te stap.

Ons het eers later huistoe gery en teen 5:30 was ons terug. Ons het besluit om ‘n wegneem-ete te koop en nie nog te worry oor koskook nie. Ons het Indies en Shinese etes gekoop en het dit vreeslik baie geniet. Wat ‘n lekker dag. Nat, ja, maar tog baie lekker en ons het ook ‘n hele spul pragtige fotos geneem gekry so tussen die reën deur.

So het ons Donderdag saam ook tot ‘n einde gekom.  Maar wat ‘n lekker dag!

Leave a Reply

What is 3 + 4 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree