My vriendin arriveer…

Tue, Oct 10, 2006

Kuiertjie by ons in UK

Verlede week Dinsdag het ek die oggend gaan werk en is vroeg die middag huistoe.  Oppad terug moes ek eers gou-gou varktjoppies koop.  Ek het skoon vergeet daarvan en moes toe gou ingaan om dit te gaan koop.  Van daar af het ek my vriendin by Whitehaven se stasie gaan haal.  Die trein was 2 minute vroeg, nie te sleg nie!

Vandaar het ons op die bus geklim buite Tesco en is ons huistoe.  Dit was lekker om so op die bus te ry en weer lekker Afrikaans te gesels.  Ai, dit is darem maar lekker hoor!  Dit het omtrent so half-uur gevat om by die huis te kom.  Van daar af het ons al my vriendin se geskenkies en aandenkings deurgekyk.

Sy het ook vir ons heerlike pakkies chips gebring!  ‘n String flings, kaaskrille en heerlike big corn bites!  Ai, ek het dit darem maar lanklaas geproe!  Ek sien so uit daarna om dit alles te eet.  My ma en sussie het ook ‘n hele spul sjokolade saamgestuur wat ons seker die volgende jaar besig sal hou!

Ons het sommer tot laat toe gesit en gesels en gesels!  Dit was heerlik gewees, regtig, iets waarna ek baie uitgesien het.  Ons is eers laat bed toe nadat ons kos gehad het.  Ai, as ek so terugdink terwyl ek hierso tik, kan ek wraggies nie glo dat die tyd al so vinnig verby is nie.  Ek het haar ‘n week terug op die stasie gaan haal en dit voel soos gister.  Kan nie glo die tyd vlieg so vinnig verby nie.

Die huis is nogal stil noudat hulle albei weg is.  Dit is regtig snaaks nou dat daar niemand meer hier by ons kuier nie.  Ek mis hulle al klaar.  Gelukkig kom my man se broer en familie een van die dae vir ‘n rukkie kuier.  Net ‘n paar dae, maar dit sal heerlik wees.  Dit is vir eers al.  Skryf weer later meer…

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree