Woensdag het ons besluit om bietjie later te slaap en die dag rustig deur te bring. Ons sou eers nêrens heen gegaan het nie, maar met die son wat net-net wou deurkom, het ons besluit om tog ‘n bietjie rond te gaan stap en die dorp te verken.Dit was heerlik. Ons het omtrent 2 ure in die dorp verspil en toe is ons St Bees toe. Dit is ‘n heerlike strand wat ‘n blouvlag besit. Dit beteken dat die strand een van die skoonstes in die land is.
Ons het pragtige klein klippies opgetel. Dit is so mooi. Al die kleure van die reënboog. Ons het dit so baie geniet. Ek en my sussie het saam-saam vir my ma ‘n hele sakkie klippies opgetel.  Ek hoop dit lyk sommer pragtig in ‘n glasbakkie.
Ons het ‘n uur of so op die strand verwyl. In die verte het ons ‘n perd op die strand nader gesien kom. Dit was ‘n sprokies foto!
Ons het die dag baie geniet en terug by die huis het Martin vir ons ‘n heerlike lasagne gemaak met kaas-knoffelbroodjies en slaai. Die komkommer, tamaties en avokado is heerlik saam en ons het sommer alles opgeëet.
Ons het die hele dag gehoop dat die Donderdag net so mooi sou uitdraai. Ons sou moes wag tot die volgende oggend om te sien of die son sou skyn of nie.
Donderdagoggend het vinnig nader gekom en ons is sommer al 8:30 uit die bed uit om gereed te maak. Ongelukkig het my liewe vriendin haarself in die badkamer toegesluit. Die handvatsel het gebreek en NIKS kon die deur oopkry nie.  Martin het toe die handvatsel afgeskroef en toe het ons natuurlik glad nie ‘n werkende deur nie. Maar dit was snaaks!!
Die reën het van vroeg af al geval, aanhoudend en sonder ophou. Lees gerus later om te hoor hoe die dag uitgedraai en ons gevorder het.




Leave a Reply