Die vakansie begin…

Mon, Oct 9, 2006

Kuiertjie by ons in UK

Verlede week was ‘n baie nat week gewees, natuurlik die een wanneer my sussie en vriendin vir ons kom kuier het. Maandagoggend was koud en het die hele dag gereën. Teen 5 uur se kant die middag het my liefste man my by die werk kom optel en ons is deur Carlisle toe.  My sussie het met die Virgin trein van Euston in London deurgekom Carlisle toe en het al teen 3 uur die middag daar aangekom. Ongelukkig moes sy die hele middag daar vir ons wag. Dit was eers teen 6 uur toe ons daar aangekom het.Deur die loop van die middag het dit onophoudelik gereën en my sussie het vir haar ‘n stukkie droë aarde voor die stasie uitgesoek en daar vir ons gewag.Ons het eers teen 7 uur in Whitehaven aangekom en ons het besluit om vinnig ‘n McDonalds te kry. Ons kon natuurlik nie die heerlike arbei melkskommel weerstaan nie. Hulle is die enigste plek hier wat melkskommels maak soos hulle moet gemaak word, met roomys en nie net melk nie!

Ons het eers teen 8 uur by die huis gekom en teen die tyd wat ek vir haar haar kamer gewys het, was dit al baie laat. Ek het haar gou-gou gewys hoe om op die internet te kom en toe het ons nog ‘n bietjie gesels. Daarna is ons almal uitgeput bed toe. Ek moes nog die volgende oggend werk toe gaan.

So het die eerste dag van hulle kuiertjie hier in Engeland aangebreek. Baie opgewonde, maar ook lekker nat!  My sussie het ook sommer dadelik van die koekies wat ek die vorige dag gebak het, begin eet.  Ek kon nie meer wag vir my vriendin om ook te kom die volgende dag nie en ek het vreeslik baie begin uitsien na die week wat voorgelê het op daardie stadium.

het op daardie stadium.

Leave a Reply

What is 8 + 14 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree