Die terugtog

Mon, Oct 16, 2006

Kuiertjie by ons in UK

Saterdag, die dag van die terugtog. Kan nogsteeds nie glo dat die week nou sommer verby is nie. Sjoe! Ons is sommer vroeg op om die tog Carlisle toe aan te pak. Ons het net na 10:45 by die stasie opgedaag met al die bagasie.

Parkering was ‘n effe probleem. Die enigste parkering wat by die stasie beskikbaar is, is ‘n hele dag parkeer area wat £6 kos. Ons sou net daar wees vir 30 minute en ons kon dit net nie oor ons hart kry om so baie te betaal nie.

Martin het die kar gevat en het alternatiewe parkering gaan soek terwyl ons solank my vriendin se kaartjie moes gaan kry. Hulle het nie geweet ons kom die kaartjie optel nie en het my die hoofkantoor laat bel. Daarna wou hy nogsteeds nie ons kaartjie gee nie.

Dit het ‘n hele ruk gevat voordat ons ‘n kaartjie kon kry tot halfpad en daarna moes hulle by Newcastle afklim om die ander kaartjie op te tel. Ek hoop net hulle het genoeg tyd om die kaartjie op te tel.

Die trein was 3 minute vroeg en teen die tyd dat ons moes groet, was Martin nogsteeds nie daar nie. Hy het nie ‘n kans gehad om te groet nie. Maar net voor die trein wou ry, het hy om die hoek verskyn met ‘n pakkie koekies van Millies. Dit is heerlike koekies met sjokolade stukkies in.

Ons wou so graag vir hulle die koekies gee om te probeer en hy het dit net-net gemaak!! Gelukkig. Hy het ook ‘n paar minute kans gekry om vinnig totsiens te sê.

Dit was heerlik om hulle weer te sien. Dit was net baie kort gewees en ek sou baie graag wou gehad het dat hulle langer kon kuier. Maar ongelukkig kon hulle nie. Hulle het alreeds hulle hele jaar se vakansie gedurende hierdie vakansie opgebruik!

Hoop om hulle weer vinnig te sien!

Leave a Reply

What is 4 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree