Pannekoek

Mon, Jun 19, 2006

Heerlike kos

Gister en vandag was sover nog pannekoekweer.  Die reen buite het my gisteraand oortuig om weer pannekoek te bak.  Eers ‘n lekker een met ham en kaas vir my en tuna mayo vir my man.  Daarna natuurlik die lieflike kaneelsuiker.

Weet nie of julle weet nie, maar hier in Engeland het hulle ‘n nasionale pannekoek dag.  Ek weet hulle pannekoeke is meer die grootte van ons plaatkoekies, maar dit is lekker om ‘n dag toe te wy aan pannekoek. 

Ek geniet dit natuurlik meer as net een keer per jaar!  Ek is so lief vir pannekoek en dit is so maklik en vinning om die deeg gou te meng en siedaar, jy is reg om te bak.  Dit is heerlik.  Bak gerus.  Die resep vir ‘n maklike vinnige pannekoek is onder die opskrif resepte in Afrikaans of Engels beskikbaar, hier op my blog, of lees gerus onder artikels!

 

2 Comments For This Post

  1. helene catillaz Says:

    Opsoek na ‘n heerlike, maar maklike pannekoed resep.

  2. Lizel Says:

    Hi Helene.
    Hierdie is die maklikste resep wat ek ken jong. Eet en geniet!
    http://recipesfromsouthafrica.com/blog/2006/04/pannekoek/

Leave a Reply

What is 2 + 3 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree