Hoender en … pasta!

Tue, Jun 27, 2006

Something to Share

Ek wou nou die dag sommer ‘n lekker vinnige ete voorberei en was nie lus om vir lank in die kombuis rond te hang nie.  Ek besluit toe om sommer gou-gou hoender gaar te stoom en fyn te maak terwyl ek pasta laat kook. 

Toe vat ek ‘n pakkie hoender “supreme” en meng dit met melk en roer dit by die sampioene, uie en soet rissie.  Laaste gooi ek toe die hoender by en meng goed.  Laat dit so paar minute saam kook en siedaar!!!

Skep eers die pasta in die bord en dan die hoender mengsel bo-op die pasta.  Te heerlik!  Ek het eenkeer hoender “casarole” gebruik, maar ek was glad nie beindruk gewees daarmee nie.  Dit is nie dieselfde as die wat jy in Suid-Afrika kry nie, maar ek was baie aangenaam verras gewees met die nuwe pakkie wat ek probeer het.  Ek kan dit aanbeveel.

Geniet julle kos en praat weer later!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

HTML tags are not allowed.