Ja, julle het reg geraai. Ek het toe op melkkos besluit. ‘n Heerlike tradisionele Suid-Afrikaanse resep wat enige tyd geniet kan word, maar veral heerlik smaak in die winter. Gedurende die koue aande kan jy ‘n heerlike bord vol warm melkkos geniet met kaneelsuiker wat lekker smelt daaroor geskep.
Wat is nou lekkerder, vra ek vir julle almal. As jy dit nog nooit probeer het nie, kan ek nou vir julle vertel dat julle iets fantasties mis. Probeer gerus die resep.
Bestandele:
1 koppie meel
1 1/2 eetlepel harde botter
‘n Knippie sout
2 1/2 koppies melk
Metode:
1. Vryf die botter by die meel in en voeg die knippie sout hierby.
2. Bring die melk tot kookpunt op die plaat en voeg die botter en meel mengsel bietjie op ‘n slag by.
3. Draai die plaat tot op ‘n lae hitte en kook vir omtrent 5 minute terwyl jy die mengsel baie gereeld roer.
4. Sprinkel kaneelsuiker bo-oor die melkkos en eet warm.
Jy sal net eenvoudig hierdie heerlike resep geniet. Probeer dit gerus, jy sal nie terleurgesteld wees nie!



Dankie tog ek het resep gevind. werk in yskoue London en vries my t… af. Vanaand gaan ek melkkos eet. Thanks
Laat weet hoe die melkkos gekom het en of jy dit geniet het. Ons kry net so koud hier in die noorde van England en op die oomblik is dit baie koud.
Melkkos is ‘n goeie idee, ek sal dit vanaand maak.
Hi daar,
Dankie vir die resep. Ons het dit met die begin van die Chinese Nuwe Jaar van die “OS” vir 2009 hier in Wuxi China probeer. Dit het baie goed uitgekom en ons het Chinese noedels bygevoeg. Dit was heerlik hier in die koue en in die verre vreemde om tuisgemaakte noedels te kon geniet.
Dit was heerlik.
Groete vanuit koue China.
Gawie & Petro Liebenberg
Wuxi
mense hier uit sonnige SUID-AFRIKA,(winter tyd) dankie vir die melkkos resep, ons dink aan julle.
groete
JOEY
Baie dankie!! Ons mis SA maar gelukkig is die kos nogsteeds beskikbaar. Hoop dit gaan sommer heerlik in SA. Ek hoor op RSG dat dit maar BIAE koud is daar in ons lieflike sonnige SA!!!
Groete daar en geniet!
Hi daar,
Sommer net ‘n notajie omdat ek verlang. Ek wil so graag Desember kom kuier.
Praat later
Lief vir julle
moedertjie
Hi Moedertjie
Ons sal beslis ‘n plan maak met die kuiertjie in Desember, geen probleem nie. Lief vir ma en baie geluk! Ma se boodskap het toe deurgekom, mooi gedoen. Ek moet eers die briefie goedkeur voor dit op die website verskyn.
Praat later! Lief vir ma