Wonderlike musiek

Sat, Apr 22, 2006

Music

Vandag het ek toe sommer vroeg vroeg opgestaan, alhoewel ek gedink het om ‘n bietjie later te slaap. Het die huis skoongemaak terwyl ek na lekker Afrikaanse musiek geluister het.

Eerste aan die beurt was Steve Hofmeyr natuurlik en daarna het ek aanbeweeg na Anton Goosen toe, sowel as Pieter Smit en natuurlik ook die lieflike CD wat my ma vir my gegee het ‘n maand gelede, die Rapport CD met gunsteling liedjies daarop. Hulle sing almal pragtig.

Pieter se CD is een van die wat my beste vriendin vir my gekoop het toe hulle kom kuier het in 2004 vir Kersfees. Ek het die CD al deurgeluister! Dit is te pragtig. Ek hou van die ou liedjies daarop, die lekker FAK musiek, televisie liedjies soos Haas Das se nuuskas en Transkaroo. Die lys gaan net aan en aan. Dit maak mens skoon norstalgies om so na die liedjies te luister.

Elke lied bring ‘n herinnering by jou op. Waar jy dit die eerste keer gehoor het, waar en wanneer jy dit geleer en gesing het en so aan. Meeste van hulle het ons in die musiek periode in die skool geleer, veral die Laerskool. Dis heerlike lente is elke jaar op die 1ste September gesing en die res sommer regdeur die jaar.

Die kinderstories soos Dawie die kabouter het ons elke naweek op die televisie gekyk en ek ken nou nog die woorde. Dit is ongelooflik hoe baie ons nie net onthou van hierdie musiek nie.

Dit was ‘n heerlike dag gewees , sover vandag. Ek wens dit wou nooit end nie. Die rustige paar uurtjies oor naweke is wonderlik.

Daar is vanmiddag ‘n sokker wedstryd aan wat my man graag wil sien, so ek sal hom geselskap hou vir die wedstryd. Ek hou glad nie van die sport nie, maar ek hou daarvan om met hom te deel waarvan hy hou. So ons gaan oor omtrent 30 minute sokker kyk!

Hoop julle geniet wat julle ook al beplan het vir vandag. Groete vir eers…

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree