Ek dink smoothies is seker een van die lekkerste, verfrissende drankies wat jy kan kry. Toe ons in Suid-Afrika gekuier het, het ek Parmalat se heerlike nuwe vrugtesappe uitprobeer. Wat hierdie sappe so spesiaal maak, is dat daar geen suiker en ekstra perseveermiddels bygevoeg word nie. Slegs die vrugte en ekstra vitamines. Ek het dit vreeslik baie geniet. Hulle het enige iets waaraan jy kan dink, van mango tot druiwe, lietchie, pynappel, lemoensap, gemengde vrugte en nog baie meer! Probeer dit gerus as jy dit nog nie probeer het nie.
Hier in Engeland het hulle ongelukkig nie dieselfde verskeidenheid sappe nie en almal het suiker en perseveermiddels by. As jy in die Suide van die land naby London bly, kan jy koejawelsap koop as ‘n “exotic” vrugtesap, want hulle het GLAD nie koejawels hierso nie. Hulle verkoop nie eers die vrug nie, meeste mense het nog nooit eers daarvan gehoor nie. Hier in die Noorde waar ek bly, kan jy nie eers koejawelsap koop nie, GLAD NIE!!!
Ek mis dit vreeslik baie, want dit is een van my gunstelinge saam met mangosap natuurlik. Ek maak seker ek koop koejawelsap wanneer ons so af en toe in die Suide gaan kuier.
Al vrugtesappe wat jy hier kan koop is lemoen, appel, tropies (soms as jy gelukkig is), “black current“, pomelo, tamatie en suurlemoen. Die nuutste byvoeging tot hulle versameling is mango en lemoensap gemeng, maar dit is hoe ver hulle gaan as dit by eksotiese vrugte kom!
Om hierdie rede het ek en my man nou die dag by die winkels ingevaar, opsoek na vars vrugte. Ek het verlede jaar met my man se verjaarsdag vir hom ‘n kenwood “smoothie” maker gekoop. Dit is ideaal vir ons tweetjies wat so baie van vrugtesappe hou. Eers het ons 2 mangoes gekry, kiwi vrug, arbeie, druiwe, appels, piesangs en natuurlike ongegeurde jogurt. Gisteraand het ons toe nou ons resep uitprobeer.
Eers moet jy die jogurt ingooi, dan die vrugte en dan laaste die ys. Ons het die jogurt ingeskep en toe aarbeie, kiwi vrug, ‘n piesang, druiwe en laaste die ys bygevoeg. Dit was HEERLIK gewees, baie koud en gesond.
Dit is glad nie nodig om enige ekstra suiker by te voeg nie. Die vrugte op sy eie is ongelooflik lekker en soet genoeg. Met die ys wat net fyngemaak word met die lemme, is die smoothie baie lekker en vars. Dit is amper dieselfde dikte as ‘n “slush puppy“, maar smaak net 100 keer lekkerder en so vars. Probeer dit gerus as jy energie nodig het. Is vol van vitamines wat jy elke dag nodig het.
Ons sal vanaand bietjie rondspeel met die mango. Weet nog nie wat ons saam met dit gaan meng nie, maar ek sal julle beslis op hoogte van sake hou.
Lekker dag vir julle verder, praat weer later…




Leave a Reply