Ons verblyf

Tue, Apr 4, 2006

Something to Share

Gister en vandag sover was baie ontspannend vir my. Ek weet my liewe man moet ongelukkig ‘n opleidingskursus bywoon oor hierdie paar dae, maar vir my is dit ‘n rustige tydjie om net mooi niks te doen nie. Al wat ek sover gedoen het is televisie kyk (Frasier is aan in die oggende en ek is mal daaroor, al is dit ‘n her-uitsending!), my hare was en myself heerlik bederf. ‘n Heerlike ontbyt elke oggend saam met my man wat bestaan uit vars vrugte en jogurt, gee my sommer krag vir die dag. Natuurlik is ontbyt nie voltooi sonder ‘n vars gebakte sjokolade muffin nie!! Wat kan nou beter wees.

In die hotel self gee hulle ook elke dag vir ons ‘n pakkie koekies met 2 koekies per pakkie. En dit is nie al nie. Hulle gee ook vir elkeen van ons ‘n klein pakkie maltesers, ‘n lekker beskuitjie, omring met heerlike melk sjokolade. Baie lekker. Ek eet in die middae heerlike vars vrugte wat ek van die huis af saamgebring het en sluit in naartjies, piesangs en druiwe. Ek het ook nou net ‘n kaas toebroodjie gehad vir middag-ete.

Gisteraand het my man my uitgevat vir ete by ‘n Italiaanse restaurant. Baie lekker. Ek is nie mal oor pasta nie, maar gisteraand het ek ‘n bord pasta met hoender gehad, bedien met ‘n heerlike sampioen en room sous. Ai, maar dit was te heerlik gewees! Ons het nie te laat uitgegaan nie en was vroeg terug. My man het nog ‘n lang dag vandag. More is die laaste dag en ons ry na die kursus huistoe. Sal dan weer Donderdag skryf.

Dit was sover nog ‘n baie lekker kuiertjie gewees. Ek is baie dankbaar dat ek saam met my man hierheen kon kom. Ek sou hom so baie gemis het, stoksielalleen by die huis…

Leave a Reply

What is 15 + 2 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree