Gister se pampoenkoekies het sommer stukke beter en lekkerder gekom as die wat ek laas gebak het. Kan nie onthou of ek julle daarvan vertel het nie, maar ek het beslis te veel meel bygevoeg. Dit was nie te onaangenaam nadat ek die kaneelsuiker bo-oor gestrooi het nie, maar dit was ‘n bietjie kluitjierig gewees.
Sulke dinge gebeur mos maar met ons almal. Ek kan ‘n hele paar voorbeelde noem waar ek al lekker droog gemaak het met die een of ander resep! Die resep bly altyd dieselfde, maar jy kan dalk net ‘n fout begaan met die duur van die resep.
Vandag gaan ek weer piesangbrood bak. Kan nie onthou wanneer laas ek piesangbrood gebak het nie! Wou graag vanaand vir ons vetkoek gebak het, maar my man het daarteen besluit. Sal kyk of ek sy arm kan draai vir volgende naweek, of dalk sal ek hom sommer net verras.
Ek het nou die dag vir ons pannekoek gebak en ‘n paar dae daarvoor heerlike plaatkoekies. Hy het dit so vreeslik baie geniet. Ek is seker daarvan hy sal van die vetkoek hou as ek dit vir ‘n verrassing los.
Ek begin Dinsdag met my nuwe werk. Ek is so opgewonde! Kan nie glo ek het uiteindelik ‘n werk gekry nie. Dit is kantoorwerk, administrasie, so ek sal seker baie telefone beantwoord. Nie my gunsteling tydsverdryf nie, maar as jy betaal word om dit te doen, dan kan jy seker nie kla nie.
Het gister genoeg vrugte gaan koop saam met brood sodat ek nie honger lei by die werk nie! Het ook jogurt en jellie mannetjies gekoop. Hierdie jellie mannetjies is sag en met versiersuiker besprinkel, anders as waaraan ek gewoond is, maar hulle is nie te sleg nie hoor. Sal julle op hoogte hou van my vordering by die werk.
Lekker dag verder vir julle…




July 16th, 2010 at 1:08 am
Is hierdie resepte boek “Simply South Afrikan” van Lizel Salter in Afrikaans beskikbaar. Ek sien sy is van Vereeniging waar ek vir 20jaar gebly het.
Leonie
April 7th, 2011 at 9:41 am
Hi Tannie
Ja, die boek is Afrikaans beskikbaar maar slegs aflaaibaak (elektroniese boek). Die sagtebandboek is nog net in Engels beskikbaar, werk nog aan die Afrikaanse weergawe.