Kaap Agulhas

Sat, Apr 1, 2006

Plekke om te besoek in SA

Kaap Agulhas is die mees suiderlike tip van die Afrika kontinent en is gevorm deur sandsteen van die Tafelberg groep. Kaap Agulhas is omtrent 180 km suidoos vanaf Kaapstad en is die Portugeuse woord vir naald. Die Portugeuse seevaarders het hierdie tip die “Kaapse naald” genoem omdat hulle kompas naald op hierdie punt reg noord gewys het sonder om enigsins af te wyk.

Hierdie is dan ook die punt waar die Atlantiese en Indiese Oseaan ontmoet. Die see in hierdie area is baie bekend vir sy ongelooflike winter storms en monsteragtige vrats golwe wat ‘n hoogte van tot meer as 30 meter kan bereik. Hierdie golwe is verantwoordelik vir die vergaan van baie skepe in die geskiedenis sowel as hedendaags.

Die waters naby die kus is baie vlak en staan bekend as een van die beste visvang areas in die land. ‘n Massiewe ligtoring is in 1848 gebou om skepe te help met navigasie. Die ligtoring is ingehuldig op 1 Maart 1849 en staan vandag nog baie hoog en trots. In 1973 is hierdie ligtoring tot nasionale monument verklaar.

Die ligtoring se kragtige lig verlig ‘n omtrek van omtrent 60 kilometer en die toring is dus sigbaar vanaf die diepsee. Hierdie is die tweede oudste werkende ligtoring in Suid-Afrika en huisves Afrika se enigste ligtoring museum.

Die toring is baie indrukwekkend en defnitief die moeite werd om te sien. Klim AL die trappe na bo en jy sal beloon word met ‘n ongelooflike uitsig oor die see wat jou asem sal wegslaan

4 comments on “Kaap Agulhas

  1. Maak seker as julle in die area is om kontak te maak met die Aghullas Backpackers se eienaars, Malan en Erin Conradie. Hulle het nie net een van die lekkerste kuierplekke op Struisbaai nie, maar neem gaste uit om na die walvisse te gaan kyk. Hulle ken elke plek (see en land) en sal goeie aanbevelings he!

  2. Baie dankie vir jou bydra Alett. Ek is seker ons lesers is baie dankbaar vir enige brokkie inligting tot ander se beskikking.

    Geniet die kuiertjie in Aghullas almal van julle :)

  3. Hi Kelly

    Yes. ALL of my articles and recipes, everything written on my blog is copyright protected. If you want to use any information, you can write to me personally and ask for permission. I will then explain how you can maybe use it.

    My e-mail address is lizel@recipesfromsouthafrica.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

HTML tags are not allowed.