Drakensberge

Fri, Apr 7, 2006

Plekke om te besoek in SA

Die Drakensberge is Suid-Afrika se hoogste bergreeks met ‘n hoogte van 2 482 meter versprei oor meer as 242 813 hektar. Die berge strek oor meer as 1 000 km vanaf die suidweste tot die noordweste met ‘n buiging in die noordweste wat die grens vorm tussen Suid-Afrika en Lesotho.

Die onderste gedeelte van die berg bestaan uit sandsteen en die pieke (omtrent 1 500 meter dik) is gevorm uit “basalt”. Baie grotte kan in die bergreeks aangetref word en hier kan die Boesman (San) se rotstekeninge wat meer as 2 400 jaar oud is, waargeneem word.

Die Drankensberge is die bron van die grootste rivier in hierdie Provinsie, die Tugela Rivier, wat uitloop op ‘n ongelooflike waterval van omtrent 2 000 meter hoog. Die Tugela Waterval is die tweede grootste waterval in die wêreld.

Gedurende die wintersmaande is die berg se pieke bedek met sneeu en omskep dit hierdie area in ‘n prentjie mooi wonderland, alhoewel reën en mis regdeur die jaar voorkom. Baie vissermanne, bergklimmers en stappers is baie lief vir hierdie wonderlike bergreeks.

Meeste van die Drakensberg maak die Natal Drakensberg Park op, ‘n wonderlike wildernis area wat tot Wêreld Erfenis verklaar is in 2000.

Wildediere wat op hierdie bergreeks woon sluit in die bosbok, rooibok, duiker, eland en ape. Aasvoëls sirkel hoog in die lug en gedurende die lente maande is die berg totaal bedek met ‘n tapyt van veldblomme en proteas. Meer as 24 spesies slange noem ook hierdie berg hulle tuiste.

Leave a Reply

Spam Protection by WP-SpamFree