Robben Eiland, ‘n skat

Sun, Feb 19, 2006

Plekke om te besoek in SA

Hierdie is sekerlik die mees bekendste eiland in Suid-Afrika. Wanneer jy die woord hoor, dan assosieer jy Robben Eiland dadelik met Madiba (Nelson Mandela). Hierdie is ‘n eiland in Tabelbaai omtrent 8 km buite Kaapstad en meet 3.4 km by 2 km. Die Nederlanders het hierdie eiland na sy beroemste inwoners, die robbe, vernoem. “Robben” beteken robbe in Nederlands. Geografies was hierdie eiland eens op ‘n tyd deel van die Afrika kontinent, baie jare gelede.

Die Nederlanders was nie die eerste Europeërs wat op hierdie eiland geloop het nie. Die Portugeuse het die eiland besoek lank voor die Engelse admiraal voet aan wal gesit het in 1591. In 1601 land Joris van Spilbergen (‘n Nederlander) voor Jan van Riebeeck in 1652 aan wal stap en ‘n volk hier vestig. Hulle het baie hard probeer om die vis- en rob-industrie op die eiland te ontwikkel, maar dit was te afgesonder. In plaas hiervan het hulle dit goedgedink om die eiland te gebruik as ‘n plek om mense wat aan ongeneeslike siektes, soos melaatsheid lei, sowel as die “mal” mense, te verban (vanaf 1846 – 1931). Selfs mense wat vee sou steel is na hierdie eiland toe verban.

Gedurende die tweede-wêreld oorlog is Robben Eiland gebruik en ‘n ligtoring is gebou as gevolg van die hoeveelheid skepe wat hier vergaan het. Na die oorlog beïndig is, is die eiland omskep in ‘n opleidingskamp vir die Suid-Afrikaanse Vloot.

In 1961 is die eiland onder die jurisdiksie van die Departement vir Korrektiewe Dienste geplaas en is omskep in ‘n tronk. Die publiek is verbied om besoek af te lê aan die eiland en ‘n seegrens van omtrent 1.5 km is rondom die eiland gebou. Hierdie is die plek waarheen oud President Nelson Mandela gestuur is in 1964 om sy lewenslange vonnis uit te dien. Toerusting wat aangekoop is om ‘n oorlog in die land te begin is opgespoor en 10 persone in totaal is aangekla.

Sedert 1997 is Robben Eiland ‘n museum en die publiek word toegelaat om besoek af te lê. Jy kan ‘n boot kry wat na die eiland vertrek vanaf die Waterfront in Kaapstad. Baie harde werk word tans gedoen om die dierelewe op die eiland aan te moedig. Die noordelike gedeelte is as voëlpark verklaar en baie pikkewyne kan vandag ook hier aangetref word.

Besoek gerus hierdie historiese eiland met sy kleurvolle en interessante geskiedenis. Bote verlaat die V & A Waterfront in die Kaap daagliks, so maak seker watter tye sodat jy dit nie mis nie. Die uitsig oor Tafelberg vanaf Robben Eiland is asemrowend!

Leave a Reply

What is 3 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree