Paul Kruger was die President van die “Zuid-Afrikaanse Republiek†(Transvaal) en het in hierdie huis van hom in Pretoria gewoon saam met sy vrou, Gezina, vanaf 1884 – 1900. Oom Paul, soos almal onder die Afrikaners hom geken het, was soos familie. As hulle ooit enige probleme gehad het, sou hulle dit met hom oor ‘n koppie koffie gaan bespreek.
Hierdie huis is gebou in 1884 deur Charles Clark van Pretoria en Tom Claridge van die Oranje Vrystaat was die argitek. Melk in plaas van water is gebruik om die sement mee aan te maak omdat die kwaliteit van die sement van daardie dae, so swak was. Wanneer jy die huis besoek word jy nogsteeds deur die twee indrukwekkende leeu standbeelde verwelkom wat deur Barney Barnato aan die President op sy verjaarsdag, 10 Oktober 1896, gegee is.
Die Vierkleur (vlag van die ou ZAR) is elke oggend om 6 uur geheis en weer gestryk met sonsondergang, elke liewe dag wat die President daar gewoon het. ‘n Replika van die meubels wat die President gebruik het kan in die huis aangetref word, saam met persoonlike besittings van beide die President en sy vrou. Gezina se naaldwerk is nog in die sitkamer, die kaste in die slaapkamer, die slaapkamer kis aan die voet-en-end van die bed met die President se persoonlike besittings daarin, sowel as ‘n portret van die President homself deur Adamson geskilder.
Indien jy belangstel, kan jy gerus meer lees oor President Paul Kruger se geskiedenis! Ek was nog altyd baie geïntreseerd in Suid-Afrikaanse geskiedenis, waar ons vandaan kom, maar meer spesifiek, waar EK vandaan kom.
Op BBC hier in Engeland is ‘n program, “who do you think you are”, waar bekende mense hulle familieboom naspeur. Dit is iets wat ek ook graag sal wil doen. Een van my prioriteite dink ek! Weet nie waar om te begin nie, maar dit behoort my ten minste vir ‘n LANG tydperk besig te hou . . .




Leave a Reply