For my English readers, please note that if you would like to read more about places to see in South Africa, you can read these articles in English at Article Maestro!
Indien jy ooit besluit om Suid-Afrika heeltemal te deurreis, moet jy tog maar seker maar jy het genoeg tyd. ‘n Twee weke vakansie gaan dit beslis nie doen nie. Soos julle seker weet, beslaan Suid-Afrika 4% van die hele kontinenet se landmassa! Om hierdie ongelooflike area te dek, kan jy van twee maniere gebruik maak, een is met jou motor (as jy baie tyd het) en die ander is deur gebruik te maak van die 10 nasionale lughawens.
Die eerste van die 9 provinsies waaroor ek gaan skryf is Gauteng, my ou plekkie! Alhoewel Gauteng die kleinste provinsie is, moet dit jou nie gerus laat voel nie! Daar is beslis meer om te sien as wat jy dalk mag dink! Neem nou maar Gold Reef City as voorbeeld, genestel in die hart van Jo’burg.
Gedurende die 1890’s is goud in Johannesburg ontdek en dit het gelei tot BAIE gouddelwers wat ons landjie binne gestroom het. Gold Reef City is op ‘n voormalige goudmyn gebou en sentreer om skag nommer 14 wat in 1887 begin is. Dit was vroeër die rykste myn ter wêreld en het ‘n rekord 1.4 miljoen kilogram goud tot so onlangs as 1978 gehou! Vandag is dit ‘n kombinasie van lekker ritte, ‘n museum en huise gebou in dieselfde styl as tydens die goud era.
Wanneer jy die lekker ritte uitprobeer, maak seker om nie die anaconda, miner’s revenge en die vallende skag te mis nie! BAIE prettig! Geniet ‘n historiese koets-of stoomtrein rit. Jy kan ook in die mynskag afgaan, en sien hoe goud elke uur in vorms gegiet word!
Gold Reef City het ook hulle eie groep myndansers (gamboot dansers) wat twee keer per dag ‘n vertoning lewer. In die aand kan jy gerus oorstap na die Casino toe en ‘n heerlike aandete geniet by een van die vele restaurante. Die hotel se kamers is almal in die ou Victoriaanse styl versier.
Hierdie is beslis een van my gunsteling plekke om te besoek. Probeer om die skoolvakansies te vermei, omdat dit so ongelooflik besig is. Jy sal nie baie tyd hê om aan die ritte deel te neem nie! Gebruik die hele dag om te onspan en jouself te geniet.
Lees gerus weer later oor my volgende toer aanbeveling . . .
Tot later!




Leave a Reply