Die Jakkarandastad

Thu, Feb 2, 2006

Plekke om te besoek in SA

Pretoria het nie so vinnig soos Johannesburg ontwikkel nie, maar twee van die mees indrukwekkendste geboue kan hier aangetref word in die hartjie van ons lieflike Jakkarandastad!

Die eerste van die twee is die Uniegebou wat op Meintjieskop, Arcadia gebou is (vernoem na Stephanus Jacobus Meintjies). Arcadia was ‘n plaas wat oorspronklik aan Andries Francois du Toit behoort het, maar later verkoop is. Sir Herbert Baker is die argitek en die Uniegebou is uit ligte sandsteen gebou. Hierdie lieflike gebou is voltooi in 1913, 3 jaar nadat die kolonies van Suid-Afrika verenig is onder die Suid-Afrikaanse Unie.

Die Uniegebou is 275 m lank en is in ‘n halfmaan gebou met ‘n punt aan albei kante, verteenwoordigend van die Engelse aan die een kant en die Afrikaners (Boere) aan die ander kant. Gedurende hierdie tydperk was die populasie verdeelt en het apart gewoon, Europeers aan die een kant en nie-Europeers aan die ander.

Die tuine bestaan hoofsaaklik uit rose, ingevoer vanuit Engeland, plante vanuit Rotterdam en ander blomme vanuit Suid-Afrika self. Vandag stroom toeriste van regoor die wêreld na die Uniegebou om die argitektuur te bewonder.

Gedurende die wintermaande sit die Parliment in Pretoria by die Uniegebou, terwyl hulle die somermaande in Kaapstad deurbring.

Die Voortrekker Monument is die tweede groot gebou en is sigbaar vanaf omtrent enige plek in Pretoria. Hierdie monument is gebou as herdenking aan die Voortrekkers wat die Kaapkolonie verlaat het en die Groot Trek aangepak het in 1836. Hierdie monument is ‘n oogmerk vir alle Afrikaanse Suid-Afrikaners. Gerard Moerdijk is die argitek en konstruksie het op 13 Julie 1937 begin. Die monument is ingehuldig op 16 Desember 1949 en staan 40 meter hoog met ‘n basis van 40 m by 40 m.

‘n Amphiteater wat 20 000 mense kan hou is gebou aan die Noordweste kant van die monument in 1949. Die fokuspunt hierso is die “plaat” binne-in die monument. Bo-op die Saal van Helde is ‘n koepel waardeur jy na die binnekant van die monument kan afkyk. Die son skyn slegs een dag van die jaar om presies 12 uur die middag deur hierdie opening, op 16 Desember, en beklemtoon die woorde op die plaat, “Ons vir jou, Suid-Afrika.”

Hierdie sonstrale is ‘n simbool van God se seën op die Voortrekkers se lewens. Op die 16de Desember word geloftedag gevier, ‘n gelofte afgelê aan God deur die Voortrekkers dat hulle die 16de Desember as ‘n sabatdag sal herdenk vir altyd. Hierdie is om dankie te sê dat hulle ‘n oorwinning behaal het oor die Zoeloes tydens die Slag van Bloedrivier. Baie Zoeloe lewens is hier verloor.

As julle meer oor die geskiedenis wil leer of net graag wil besoek aflê, moet julle dit regtig doen. Albei geboue is baie indrukwekkend en beslis die moeite werd om te sien! Lees gerus meer van Suid-Afrika se geskiedenis of ander interessante feite oor ons lieflike land!

Leave a Reply

What is 7 + 7 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree