Besoek Tafelberg

Wed, Feb 15, 2006

Plekke om te besoek in SA

Tafelberg is sekerlik die grootste toeriste aantreklikheid in die Wes-Kaap. Die eerste plek wat almal wil sien sodra hulle land is die ongelooflike tafeltop van die lieflike berg wat so deel is van Suid-Afrika.

Die basis van Tafelberg bestaan uit graniet terwyl die meeste van die res van die berg uit sandsteen bestaan. Die berg staan ‘n indrukwekkende 1 086 m bo die hawe en die plat spits meet 3 km van een kant tot die ander. Tafelberg is as nasionale monument verklaar en huisves meer as 1 470 spesies plante, meer as al die spesies wat gesamentlik in die hele Britse Eilande aangetref word! Baie van hierdie plante word nêrens anders op aarde aangetref nie. Een voorbeeld hiervan is die skaars silwerboom.

Op ‘n wolklose dag is die berg sigbaar vanaf 200 km op die oop see. Vat ‘n boot uit vir die dag en bewonder hierdie asemrowende uitsig. Dit is ongelooflik om te dink dat daar gesê word dat Tafelberg onder die see gevorm is en as gevolg van erosie oor miljoene jare (en ander redes), sien ons die berg sooswat dit vandag daar staan.

Devil’s Peak en Leeukop is aan die ooste en westelike kant van die “tafel”. Tafelberg is ook net so bekend vir sy “tafeldoek” as vir die plat tafel self. Gedurende die somermaande (Desember – Februarie, maar somtyds bietjie langer), verskyn daar ‘n ongelooflike wolkbedekking oor die top van die berg wanneer die suidooster waai. Die gevolg hiervan is dat die wit wolkbedekking net soos ‘n tafeldoek lyk wat in die kombuis gebruik word!

Jy kan die spits van die berg veilig bereik deur die kabelkarretjie, wat die eerste keer in 1929 geopen is, na bo te vat. Hierdie karretjie het baie oor die jare verander en vandag se nuutste weergawe, roteer 360°, so jy het nie nodig om rond te beweeg en teen ander te stamp net om die uitsig te bewonder nie.

Meer as 600 000 mense word elke jaar na die top van die berg geneem. Hierdie rit neem slegs ‘n ongelooflike 6 kort minute! Wanneer jy arriveer, kan jy ‘n asemrowende uitsig geniet, eet in die restaurant en by die winkel inloer wat aandenkings verkoop sowel as ‘n brief pos met die Tafelberg seël daarop.

Indien jy eerder wil stap, kan jy die berg uitklim deur een van die meer as 350 voetpaadjies te volg. Hierdie paadjies wissel tussen gemaklik en baie moeilik. Indien jy een van hierdie paadjies kies, maak asseblief seker dat iemand wat die omgewing baie goed ken, jou vergesel. Dit is baie maklik om jou pad buister te raak indien jy nie die area ken nie.

In die verlede het leeus, luiperds en buffels hier in die berge gewoon. Oor die jare het hulle egter uitgesterf en is hulle geskiet sooswat die Kaap ‘n stad geword het, bewoon deur baie mense. Slegs bobbejane, klein bokkies en hasies bly nog oor.

Om Tafelberg te besoek is ontspannend vir die siel en gee jou die geleentheid om hierdie onge-ewenaarde uitsig te bewonder. Probeer om op ‘n wolkvrye dag teen die berg op te gaan. Die uitsig is ongelooflik!

Leave a Reply

What is 7 + 13 ?
Please leave these two fields as-is:
IMPORTANT! To be able to proceed, you need to solve the following simple math (so we know that you are a human) :-)

Spam Protection by WP-SpamFree